Winter is ‘n belangrike en spesiale tyd in die Wynlande. Saam met ons ryk geskiedenis, kultuur en gastronomiese kos ervarings, is ons wyne een van ons grootste rykdomme. In die koue seisoen rus en herstel die boorde, en berei die wingerde voor vir die volgende groei-seisoen.
Hierdie is dan ook die geskikte tyd vir onderhoud, analisering van die grond en voorbereiding vir die volgende fase en nuwe wyne.
Ons is trots daarop om deel te wees van hierdie pragtige streek, ryk aan sjarme en egtheid, en kyk graag saam met julle terug op die afgelope paar maande se gebeure, en maak planne vir die warmer weer wat oppad is. Krul op onder ‘n snoesige kombers, voor ‘n kaggelvuur met ‘n stomende koppie koffie (of sjerrie!), en kuier saam.
Saam met haar vriende en woewe het Meandra haar 22ste lewensjaar gevier met die mooiste foto sessie en, heeltemal teenstrydig met hoe meeste van ons verjaarsdag hou, het sy ‘n onvergeetlike dag by die Christiaan Barnard hospitaal spandeer waar sy gewys is hoe om voor te berei en in te skrop vir ‘n chirurgiese operasie. Die tegnieke wat sy daar geleer het sal goed te pas kom in haar eie beroep van mediese velsorg, en is dus ook direk op toepassing van elkeen van haar pasiente.
Meandra het ‘n besige tydjie agter die rug – sy het ook die Kromrivier Staproete saam met haar suster en ‘n paar vriende gaan aandurf. ‘n Avontuur tussen asemrowende vistas en watervalle, en sy beveel die roete ten stertste aan vir almal wat vir ‘n oomblik wil ontsnap van die alledaagse gejaag.
Ontmoet vir Louis die Schnauzer. Ons geliefde, borrelende terapeut Bianca is van voor af verlief, maar die keer op ‘n viervoetige hartedief. Hoe kan ‘n mens dan nou anders as om halsoorkop te val vir daai ogies? Welkom Louis!
Ons spog graag met ons resultate, en hierdie is geen uitsondering nie. Winter is die ideale tyd vir dieper Skin Rejuvenation, Rosacea, rooigeid asook pigmentasie- en sonskade behandelinge. Limelight is een van ons gunsteling opsies om hierdie velkondisies te behandel. Limelight is ‘n lig-behandeling wat die buitenste lagie van die vel teiken. Die energie word geabsorbeer deur die beskadigde selletjies, en hulle breek stelselmatig af. Binne weke vertoon die vel meer gelykmatig soos die liggaam die selle vervang met nuwe, jong selletjies. Normaalweg het jy 2 – 6 behandelinge nodig, met ‘n minimale herstelperiode.
Maak 'n afpraak vir jou konsulasie hier: Kontak Skin Renewal Paarl
NeoStrata Skin Active Rebound Sculpting Cream
Ontdek die krag van hierdie gevorderde formulasie van Neo Strata. Dit is saam gestel om jou vel te verfyn en van die jeugdige veerkragtigheid te herstel. Propvol aktiewe bestanddele, gee dit hidrasie en ‘n gladder, meer soepel voorkoms, perfek vir die herstel-seisoen van die jaar.
Koop hierdie produk: NeoStrata Skin Active Rebound Sculpting Cream.
Lamelle Helase Photo Repair Tint SPF 50
Met hierdie ligte formulasie bring LaMelle vir ons ‘n revolusionére sonskerm na die mark toe. Nie net beskerm dit jou vel teen skedelike UV strale nie, maar herstel en herbou dit die vel se natuurlike skoonheid. Ideaal vir daaglikse gebruik, en die beste van alles? Dit is getint!
Koop hierdie produk: Lamelle Helase Photo Repair Tint SPF 50
BODYTEC bied 'n doeltreffende oplossing met 20-minute weeklikse sessies wat Elektro Spiersimulasie (EMS) gebruik om tot 90% van spiere te aktiveer. Die Slim Opleidingsisteem, gekombineer met deskundige afrigters, pas oefensessies aan vir maksimum resultate. Geskik vir alle ouderdomme en fiksheidsvlakke, help BODYTEC om sterkte, spiertonus, postuur en beserings te verbeter.
Skin Renewal Paarl pasiënte kan 'n gratis proefsessie en 2de sessie ter waarde van R635 eis, wat by BODYTEC Paarl (Laborie Sentrum) geboek kan word voor 31 Augustus 2024.
Bespreek jou proefsessie op bodytec.co.za en gebruik die promosiekode MYSKINBT
Geldig van 1 - 31 Augustus 2024. Termes en voorwaardes geld.
Fluit fluit, ons winter-storie is uit! Kom kuier gerus by ons in ons snoesige kliniek met die mooiste uitsig oor die Paarl-berge. Kom herstel, herbou en vernuwe jouself ter voorbereiding van die warmer seisoene wat om die draai is.
Tot ons mekaar weer sien, bly op hoogte van ons dienste, promosies en ambassadeur nuus deur ons te volg op Instagram en Facebook, of kontak ons direk op ons Whatsapplyn 087 153 1080. Ons is altyd reg vir ‘n geselsie, of om te help met enige vrae of afsprake.
Warm groete,
Die Skin Renewal Paarl span.