Stellenbosch Newsletter July 2024 - Afrikaans

Branch Newsletter Image

Selfs met die reën wat aanhoudend val, bly Stellies ‘n lekker plek. Hier is altyd iets aan die gebeur, en dit is ook dan niks anders by Skin Renewal Stellenbosch nie. Kom drink ‘n warm koppie tee en kuier saam met ons in ons snoesige kliniek, en vergeet vir ‘n oomblik van die koue. 

Meer is Meer: Groei Voort!

Ons het ‘n hele paar nuwe spanlede wat ons graag aan jou wil voorstel.

Ons lieflike Megan verwag ‘n dogtertjie in Augustus! Baie geluk Mamma, Pappa en Groot Sus - ons kan nie wag om haar toe te vou in arms vol liefde nie!

Branch Newsletter Image

Ons stel ook met trots ons nuutste dokter aan julle voor – Dr Liz Dodds.

Dr Liz het ervaring in ongevalle, asook ‘n baie indrukwekkende opleidings portfolio wat Advanced Cardiovascular Life Support, Advanced Neonatal Life Support, Emergency Point of Care Ultrasound, asook opleiding onder ons eie Dr Maureen Allem in alles esteties insluit. Dr Liz gee graag uiting aan haar kreatiwiteit deur te teken en sjef te speel.

Dr. Liz se begrip van estetiese geneeskunde kom van haar rykdom aan mediese kundigheid. 'n Noukeurige dokter met hope sorg en medelye - die warmte en vaardigheid wat sy aan haar pasiëntondersteuning bring is onmiskenbaar.

Branch Newsletter Image

Charleen is dalk ‘n nuwe gesig in Stellenbosch, maar sy is ‘n ou hand in Skin Renewal. Charleen het reeds ons Willowbridge, Constantia en Century City takke suksesvol bestuur, en het nou die mooiste mooi Stellenbosch haar huis gemaak. Met 9 jaar se ondervinding in die maatskappy is dit verseker ‘n voorreg om haar in ons midde te hê.

Branch Newsletter Image

Charleen, omring deur haar familie se ondersteuning, begin haar nuwe hoofstuk in Stellenbosch

Branch Newsletter Image

Cari, ‘n ervare, spontane terapeut het in Mei ons Willowbridge tak verruil vir die Wynlande. Cari met haar borrelende persoonlikheid trou binnekort, en ons is so opgewonde dat ons die aanloop na haar sprokie toe saam met haar kan vier.

Branch Newsletter Image

Nog ‘n nuwe toevoeging tot ons span is Phathiswa. Gebore en getoë in Stellenbosch met jare se ervaring in die industrie, sal Pat jou verwelkom by die tak, jou hand vat en jou Skin Renewal pad saam met jou stap.

Branch Newsletter Image
So gepraat van hande…
Branch Newsletter Image

Laat Jamie jou onder hande neem. Winter is die beste tyd van die jaar vir ‘n lekker manikuur en ‘n stel donker naels. Jamie, ‘n ervare naeltegnikus, werk van ons perseel af (en ons het ons eie parkering!), so bly ‘n bietjie langer en sit ‘n ekstra huppel in jou stap om die koue te gaan trotseer.

Stellenbosch se Spesiale Mense

Ons eie Rosie, wat seker maak ons tak sprankel altyd, het in Mei haar 40ste verjaarsdag gevier. Ons wens haar nog vele jare se geluk en gesondheid toe!

Branch Newsletter Image

Dr Rulene het in Februarie 10 jaar by Skin Renewal gevier. Hierdie ongelooflike dokter is die hart van ons tak, en ons klink ‘n glasie saam met haar op ‘n dekade se toewyding, vaardigheid en ondersteuning.

Branch Newsletter Image
Ons Julie Promosies

Kliek hier om ons promosies vir Julie 2024 te sien:

Julie Promosies

Of jy weg gaan vir ‘n warm winter vakansie in die Noorde, of bly om die Kaapse storms te trotseer, onthou, jy kan met ons skakel op Instagram en Facebook vir al ons behandeling, produk, tak en ambassadeur nuus, of ons kontak op ons direkte WhatsApp nommer - 087 153 1080 – vir enige vrae.

Kom maak gerus ‘n draai vir ‘n oomblik van self-versorging. Ons sien uit daarna om saam met jou om te sien na jou vel, lyf en gesondheid.

Tot weersiens,

Warm liefde,

 Die Stellenbosch Tak

Web Analytics