
Drie maande in 2025 in, en ons dorp gons alweer soos altyd. Die Stellenbosch energie klop hard, en as jy ‘n kalm wegbreek van die geraas nodig het, (met veilige parkering) is ons Oase net die plek vir jou.
Maak die meeste van ‘n blaaskans deur jouself te bederf van kop tot toon – jou vel, liggaam en gesondheid – om te verstaan wat jou liggaam vir jou probeer sê, en wat jy regtig nodig het.
Ons is hier om jou te ondersteun met elke tree van die reis na ‘n uitgerusde, glansende JY.
Ons volg ons eie raad, en is konstant op soek na aanvulling en vervulling, en ons deel graag ons nuus met jou.
Twee van ons mammas is terug van kraamverlof af! Megan en Pat is dalk nie uitgerus nie, maar het definitief nodig om bietjie uit die huis te kom. Hulle is reg om saam met jou die pad te stap na vernuwing.

Ons liefste bakster, Mamma Megan, het ons bederf op 27 Februarie (Nationele Melktertdag) met ‘n les in hoe om hierdie eg Suid-Afrikaanse nagereg te bak. Leer, speel en lekker eet – alles op dieselfde tyd!

Skin Renewal het onlangs ons eie Aksie Netbal span gestig, en 3 van die spelers is uit ons Stellenbosch tak! Dr Rulene, Charleen en Cari ontsnap en skep asem op die baan teen ‘n stink spoed, onder die alias “The Toxins”.

By Skin Renewal is ons altyd op soek na die nuutste tegnologie, neigings in die industrie en beter kombinasies van behandelinge vir die beste resultate. Dit stop egter nie daar nie, die loopplank is ook op ons radar!
Ons het in Maart ons nuwe uniforms bekend gestel wat die gesofistikeerdheid en elegansie van ons klinieke weergalm.

Dr Rulene is vanaf 21 Maart tot 23 April op verlof. Terwyl sy wegbreek en ontspan is ons steeds hier om te help met enige vrae. Laat weet gerus as daar enige iets is, of as ons solank ‘n afspraak kan bevestig vir wanneer sy terug is.

Die Skin Renewal-familie is toegewyd daaraan om te help waarokal ons kan. Ons het onlangs deelgeneem aan ‘n bloedskenk-veldtog en bewusmaking vir beenmurgoorplanting.
Dr Tarryn Christie se seun, Leo, is gediagnoseer met ‘n MECOM-geassosieerde sindroom en het dringend ’n beenmurgoorplanting nodig aangesien sy toestand volledige ‘n beenmurg tekort veroorsaak. Sonder ’n geskikte skenker is Leo se lewe in gevaar. Beenmurgoorplantings red lewens deur kanker en genetiese siektes te behandel. Registreer asb vandag by DKMS om ’n skenker te word en lewens soos Leo s’n te red.
Word deel van die oplossing.

By Skin Renewal Stellenbosch is elke persoon wat deur ons deur stap, vir ons so belangrik. Ons is gefokus om saam met elke pasiënt hul velsorgreis aan te pak, en ons lidmaatskapprogram is ’n bewys van hierdie passie. Hierdie is die eerste mediese estetiese lidmaatskapprogram in Suid-Afrika, en dit het reeds groot belangstelling gewek by baie van ons Stellenbosch-pasiënte wat die voordele geniet.
Ontdek meer oor ons unieke program en hoe dit jou reis na ‘n beter vel en welstand kan verbeter.


Maak ‘n afspraak vir jou gratis proefsessie en tweede sessie ter waarde van R635 met die kode MYSKINBT wanneer jy voor 30 Junie 2025 inskryf.
Besoek bodytec.co.za en gebruik die promosiekode MYSKINBT om dié aanbod te kry.
Ons YouTube-kanaal is jou bestemming vir insigte van ons dokters, werklike oplossings en alles wat jy nodig het om selfvertroue in jou vel te hê.

Selfsorg, rus en saligheid is nodig vir optimale gesondheid vir die liggaam en siel. Dit is ‘n belegging in jouself sodat jy weer kan opstaan, aanhou en uithou. Ons verstaan en is hier om dit saam met jou aan te pak.
Tot ons jou weer sien, volg ons gerus op Instagram en Facebook om op hoogte te bly van waarmee ons onsself besig hou, ons produkte en behandelinge
En net vir ingeval jy nog nie weet nie, ons het ‘n direkte WhatsApp nommer – 087 153 1080 – waar jy ons maklik en gerieflik in die hande kan kry.
Mag jy ‘n gelukkige, gesonde en geseënde 2025 verder hê.
Al ons liefde,
Charleen en Die Stellenbosch Tak